Elke Sondag om 09:00 · Op die grasperk voor die Lapa, 1169 Cobham Rd, Queenswood

Kry aanwysings

Tuis / Gee

Gee jou tiende en ander bydraes

Ons glo dat die Bybel gelowiges leer om God ook met hul finansies te eer. Die gee van ’n tiende is deel van ons gehoorsaamheid, dankbaarheid en vertroue in God se voorsiening.

Brood, kelkies en ’n kraffie op ’n geel tafeldoek, van bo af gesien.

Waarvoor jou bydrae gebruik word

Deur ons tiendes en ander bydraes neem ons saam verantwoordelikheid vir:

  • die verkondiging van die evangelie;
  • die geestelike versorging en toerusting van die gemeente;
  • die vestiging en groei van Ligbron Moot;
  • hulp aan mense in nood;
  • bediening aan kinders, jongmense en gesinne;
  • praktiese dienswerk in die Moot;
  • die hulpmiddels en ruimtes wat die gemeente se werk moontlik maak.

Ons hanteer elke bydrae met verantwoordelikheid, goeie rentmeesterskap en deursigtigheid.

Elektroniese oorbetaling

Rekeninghouer

Ligbron Moot NPC

Bank

Capitec Business

Rekeningtipe

Lopende rekening

Rekeningnommer

1055879587

Takkode

450105

Verwysing

Jou naam en van, of die doel van jou bydrae

Het jy ’n vraag?

Vir vrae oor bydraes, bewys van betaling of die aanwending van fondse, kontak Herman Kloppers by herman@ligbronmoot.co.za.

Beplan jou besoek WhatsApp